POSTTRAUMATIESE STRESSTEURING

Het u al enige van die volgende TRAUMATIESE GEBEURTENISSE
beleef of aanskou?

Verkragting, Seksuele of fisiese aanranding, Huishoudelike geweld,
Bende geweld, Kriminele geweld, Ernstige ongeluk, Dood.

Het u sedert die GEBEURTENIS die volgende ONDERVIND?

  • Ontstellende gedagtes of drome oor die traumatiese gebeurtenis
  • Angssimptome (soos probleme om te slaap, konsentrasie probleme of geirriteerdheid)
  • Voel af of vermy dinge wat u voorheen gedoen of geniet het

Indien wel, is dit moontlik dat u aan ‘n toestand lei wat bekend staan as

Posttraumatiese Stressteuring

Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe van die Universiteit Stellenbosch (Tygerberg Kampus) is tans besig om die behandeling van hierdie toestand te bestudeer. Daar sal geen kostes aan deelname verbonde wees nie.

As u tussen 18 en 65 jaar oud is en gewillig is om deel te neem en graag meer inligting wil bekom, skakel asseblief die volgende nommer:
Tel: 021 938-9229
Gedurende kantoor-ure

 

Last updated:
26-Jan-2007

Administrator:
Winnie De Roover
Mental Health Information Centre of SA
E-mail: winnie@sun.ac.za

Technical enquiries:
Webmaster

Copyright © 1999-current
SAHealthInfo TM

To SAHealthInfo home